British Airways word gekaap deur Indiese sagteware-personeel

Die uitvoerende hoof van British Airways het die hantering van die lugredery se rekenaarprobleme wat tot reuse ontwrigtings gelei het, verdedig.

Alex Cruz het in sy eerste onderhoud sedert die ineenstorting van die lugdiens se globale rekenaarstelsel om verskoning gevra en bygevoeg dat die voorval glad nie verband hou die patetiese diens wat Indiese personeel lewer nie.

GMB-unie van British Airways het die lugdiens se 2016-besluit om IT-werk uit te kontrakteer na Indië as die rede gegee waarom alle Saterdag-vlugte van Londen se twee grootste lughawens, Heathrow en Gatwick gekanselleer is.

Die GMB-unie het gesê die lugdiens se besluit om honderde IT-werksgeleenthede aan Indië aan te bied, was agter die probleme, het die Guardian berig.

Volgens die Unie het BA verlede jaar honderde wit IT-personeel afgedank en die werk aan Indië uitgekontrakteer. Die reis-chaos is op hul swak werk geblameer.

“Dit kon alles vermy gewees het,” het Mick Rix, nasionale beampte vir lugvaart by die GMB-unie, gesê. Volgens die GMB-webwerf het die vakbond op Februarie 29, 2016 gewaarsku teen die uitkontraktering van IT-werksgeleenthede deur BA.

British Airways het Saterdag alle vlugte van Heathow en Gatwick gekanselleer weens ‘n groot IT-krisis wat ernstige ontwrigting van sy wêreldwye bedrywighede veroorsaak het. Die lugdiens het ontken dat die probleme verband hou met afdankings of kostebesnoeiiings wat wittes raak.

Cruz sê die werklike probleem het slegs ‘n paar minute geduur. Daar was ‘n kragstuwing en die ondersteuningstelsel het nie inwerking getree toe dit moes nie.

Die probleem is binne ‘n paar uur herstel, maar dit het veel langer geduur vir die boodskap- en ander stelsels om weer behoorlik te funksioneer. Die moles gaan tot Sondag aanhou.

Cruz sê die ondersoek duur voort om die “onderliggende probleem” op te spoor.

Die National Employability Report deur Aspiring Minds, ‘n diensevaluerings- en sertifiseringsmaatskappy, het in 2016 bekend gemaak in New Delhi dat meer as 150,000 ingenieurs wat in 2015 van meer as 650 kolleges in Indië gegradueer het, nie waardig is om aangestel te word as werknemers nie. Hulle kan nie naastenby die werk baasraak nie.

Net 18,43 persent van opgeleide ingenieurs is in diens in die sagtewaresektor en slegs 3,84 persent van Indiese ingenieurs is geskik vir die tegnologiese aard van die werk.

Die indiensnemingspersentasie van 3,67 persent vir sagteware-ingenieurs vir IT-produkte is net so benard soos sagteware-ingenieurs vir IT-diensmaatskappye. Ontwerpingenieurs en elektroniese ingenieurs kan slegs in 7.07 persent van gevalle die werk doen.


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment