Hoe om jou Suid-Afrikaanse burgerskap in stand te hou

Talle Suid-Afrikaners in die buiteland verloor onwetend hulle Suid-Afrikaanse burgerskap wanneer hulle in die buiteland om ’n ander burgerskap aansoek doen, sonder om eers by die Suid-Afrikaanse departement van binnelandse sake toestemming om behoud van die Suid-Afrikaanse burgerskap te kry.

Die burgerskap kan eers weer heringestel word wanneer hulle kan bewys dat hulle permanent terug in Suid-Afrika is. Min mense is hiervan bewus.

‘n Verdere vereiste wat geld, is dat ʼn burger van Suid-Afrika wat meerdere burgerskappe het, altyd moet sorg dat sy / haar Suid-Afrikaanse paspoort geldig bly, en wanneer na Suid-Afrika gereis word, moet die Suid-Afrikaanse paspoort sonder uitsondering gebruik word om Suid-Afrika binne te kom en die land weer te verlaat.

Deur: Wêreldwyd


Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment