Krieket: SA Proteas meet kragte teen Bangladesj

Bangladesj het nie Donderdag opgewasse gelyk op die eerste dag van die toetsreeks in Suid-Afrika nie.

Hy het baie verbeter die laaste paar jaar in sy tuistoestande, maar Donderdag het gewys dat oorsee ‘n perd van ‘n heel ander kleur is.

Kan die besoekers Vrydag terugslaan nadat Suid-Afrika 298/1 op dag een aangeteken het?

Dis kuikenmoord op Potch!.

Suid-Afrika het 113 lopies sonder die verlies van ‘n paaltjie in die oggendsessie aangeteken.

Amla (137*) en Elgar (172*) sal om 12:40 voort kolf.

Dis beslis nie ‘n goeie vertoonvenaster vir toestkrieket nie. Bangladesj planloos en bra moedeloos.

Die vennootskap skuif aan na 200 tussen Amla en Elgar. SA nou 396/1

Die vennootskap skuif aan na 200 tussen Amla en Elgar. SA nou 396/1

Amla (124*) en Elgar (165*) kolf salig voort teen meer as vier lopiees per beurt. Bangladesj wag al klaar vir die Proteas om te verklaar. SA 391/1

Suid-Afrika is heeltemal in beheer van sake het 70 lopies in die eerste uur aangeteken. Die telling is nou 368/1.

Die mylpale val nou vinnig.

Eers is dit die vennootskap van 150 om die tweede paaltjie tussen Amla en Elgar, voor Elgar ‘n paar balle later ‘n reuse ses slaan om sy 150 te behaal.

En dan slaan Amla ‘n vier om sy honderdtal aante teken. SA nou 355/1. Dit is Amla sde 27ste toetshonderdtal.

Dean Elgar gaan na sy hoogste telling in toetskrieket met ‘n lieflike hou van sy bene af. Hy skuif aan na 144. Sy vorige hoogste was die 140 wat hy vroeër vanjaar teen Nieu-Seeland in Nieu-Seeland. SA nou 342/1

Hashim Amla laat nie op hom wag nie en het klaar vier viere in die eerste 20 minute gemoker. SA nou 322/1

Albei kolwers bêre ‘n grenshou in die eerste drie boulbeurte van die oggend en die Proteas se beurt is op dreef. SA nou 306/1.

Deur: Netwerk 24


Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment