Proteas meet hul kragte teen Engeland in 2de T20 wedstryd te Taunton

Die Protea krieket span kom weer te staan teen Engeland in die tweede T20 wedstryd te Taunton op Vrydag 23 Junie 2017. Hopelik skop hul dieslag stof in hulle oppenente se oë.

Die Proteas het Woensdagaand in Southampton weer teleurgestel toe Engeland hulle met nege paaltjies en met nog 33 balle oor ʼn deeglike krieketles in die eerste van drie T20-wedstryde geleer het.

Suid-Afrika het besluit om eerste te kolf. JJ Smuts is met die eerste bal van die kolfbeurt deur David Willey skoongeboul en in die tweede boulbeurt is Reeza Hendricks, ook van die eerste bal, deur Mark Wood se boulwerk gevang.

Op 7/2 na sewe balle was Suid-Afrika dus uit die staanspoor met
die rug teen die muur.

David Miller het ook nie lank gehou nie en is vir nege lopies uitgehaal, wat ʼn goeie ses ingesluit het (32/3).

AB de Villiers en Farhaan Behardien moes die situasie probeer red en hulle het bestendig gekolf.

Maar T20-krieket verg ʼn vinniger lopietempo as De Villiers se 65 lopies in 58 balle en Behardien se 64 in 52 balle.

Goeie boul- en veldwerk het hulle vasgepen, en die Proteas het ná hulle toegelate 20 boulbeurte net 142/3` op die telbord gehad.

Engeland het vanuit die staanspoor baie aanvallend gekolf en hulle eerste en enigste paaltjie het in die vyfde boulbeurt geval toe Andile Phehlukwayo vir Jason Roy beenvoor betrap het. Die telling was toe reeds 45/1.

Die Proteaboulers kon nie juis hond haaraf maak nie, en veral Wayne Parnell en Imran Tahir is sleg verinneweer.

Alex Hales (47 in 38 balle) en Jonny Bairstow (60 in 35 balle) het die benodigde 143 lopies op ʼn drafstap na slegs 14.3 boulbeurte bereik.

Die volgende T20-wedstryd vind Vrydagaand om 18:00 op Taunton plaas.
eerste-t20-wedstryd


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment