SAFFAS IS NOU HULLE BESKUIT KWYT

Een van die ou vreugdetjies, wat darem ‘n Suid-Afrikaner se lewe ophelder as Londen vir dae lank grou en grys en mistig is en die reën sif en sif en sif…is om vinnig in te draf by een van die “South African Shops.” Daar kry jy darem nog ‘n Chocolate Log, ‘n botteltjie Marmite, ‘n flessie Mrs Ball’s Blatjang…en ‘n pak Ouma beskuit. Weliswaar teen ‘n prys, maar dis darem ‘n smakie van die huis.  Nou wil dit lyk of die uitgeweke Saffas hulle beskuit kwyt is.

Op die 31e Maart, dieselfde nag toe stortkop sy kabinet omgedop het, het Suid-Afrika sy “EU approved Residue Control Plan” status verloor. Volgens hierdie plan moet daar streng kontrole wees oor produkte met ‘n dierkundige oorsprong, om te verseker dat diere wat deur veeartse behandel is nie oorskot van die medisyne in hulle vleis, melk en ander produkte agterlaat nie. Die Engelse is nogal kwaai oor dié soort ding.
Met hierdie kontrolemaatreëls in gedagte gaan die volgende produkte eersdaags nie meer beskikbaar wees in Brittanje nie:

•Bakers: Eet-Sum-Mor, Tennis Biscuits, Iced Zoo, Choc-Kits, Lemon Creams, Pro-Vita
•Ouma: Buttermilk Rusks, Plain Rusks, Apple and Raisin, Blueberry and Poppyseed, Three Seed
•Willards CheasNaks
•Nestle and Cadbury products INCLUDING Dairy Milk
•Others: Chocolate Log, Tex, Peppermint Crisp, Bar-One, Caramel Creams

So ek skat dis nou maar ‘n kwessie van een van drie dinge: eet “tea and very fine cucumber sandwiches”, leer smokkel…of kom maar terug huis toe.

Bron: Front Nasionaal
Skrywer: Daniel Lötter


Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment