Suid-Afrikaanse dwelmmuil in Hong-Kong gevonnis vir dwelmsmokkelary

Michael Amos (30), ’n inwoner van Marble Hall, wat meer as ’n jaar gelede in ’n dwelmstrik getrap het, is tot 25 jaar gevangenisstraf gevonnis vir dwelmsmokkelary.

Hy is in Maart vanjaar deur sy prokureur aangeraai om skuldig te pleit aangesien daar gesê is dat skulderkenning in sy guns sou tel.

Amos is in Maart 2016 op Hong Kong internasionale lughawe gearresteer in besit van kokaïen. ’

n Maand voor sy arrestasie is nóg ’n Marble Hall inwoner, Mariska van Schalkwyk (28), in Maleisië vir dwelmsmokkelary gearresteer.
Die Hong Kong doeane het in Maart 2016 ’n persverklaring uitgereik waarin hulle gesê het dat hulle ’n 29-jarige man, wat van Johannesburg via Dubai in Hong Kong geland het, se handbagasie deursoek en 2.1 kg se kokaïen ontdek het. Dit was vermom as lekkergoedbolletjies.

Die 110 bolletjies kokaien wat as lekkergoed vermom is wat by Michael Amos gevind is.

Daar is altesaam 110 bolletjies kokaïen gevind.

Amos het in ’n brief, wat op ’n webwerf, southafricablog.info, verskyn het, geskryf dat hy mense wil waarsku oor hoe hy om die bos gelei en as ’n dwelmmuil gebruik was om dwelms te smokkel.

In die brief, wat reeds einde Februarie op die webwerf verskyn het, het hy geskryf dat hy aangekla is vir handel van dwelms en reeds in Hong Kong aangehou word vanaf Maart 2016.

Hy het ook geskryf dat hy skuldig gepleit het en na verwagting, 10 Maart 2017, gevonnis sal word.
Die saak het egter voortgesleep, en is hy eers Dinsdag gevonnis.

Shirley Amos, Michael se ma, sê dat haar seun in ’n maksimum sekuriteitstronk, Stanley Prison, is saam met moordenaars en verkragters.

Sy vertel van die haglike toestande en sê dat die tronk gebou is om 1 400 gevangenes in te neem maar dat daar tans 1 700 mense in die tronk is.

Sy het ook gesê dat hy verskeie kere aangerand is, en dat hy talle kere siek was en dat dit soms maande neem voor hul hom toelaat om ’n dokter te sien.

Mariska van Schalkwyk wat in Malasië in aanhouding is vir dwelmsmokkelary.
Sy sê ook dat hulle gebruik word as goedkoop arbeid en dat die werk wat hulle doen, betaal vir hul toiletware en oproepe huis toe.

Me. Amos het gesê dat die hof aanbeveel het dat ’n suiweringswas vir die kokaïen gedoen word end at dit teruggekom het as 1,2 kg en nie die 2,1 kg waarmee hy aanvanklik gevang is nie.

Amos is Dinsdag, 14 November, tot 25 jaar gevangenisstraf gevonnis, waarvan ses jaar opgeskort is omdat hy inligting aan die polisie verskaf het.

’n Verdere agt maande is opgeskort omdat hy ’n brief vir “Locked up in a Foreign Country” geskryf het as waarskuwing en wat met hom gebeur het.

Hy het in totaal 16 jaar en vier maande gevangenisstraf wat hy moet uitvoer.

“Ek weet nie wat om vandag te dink nie. My hart is gebreek, in stukke! Ons het aanvanklik gedink dat hy agt tot nege jaar gevangenisstraf sal ontvang, nie 16 jaar nie! Ek weet nie eers wat om te dink nie, dit is net te veel vir my om verwerk,” het me. Amos Dinsdag aan Mobserver gesê.

Sy sê ook dat sy tans wag vir die volledige verslag vanaf die ambassade, en dat sy waarskynlik volgende week van hulle sal hoor.

Bron: Mobserver


Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment