Suid-Afrikaanse eienaar van Tesla motorvervaardiging maatskappy in die VSA, maak verrassende aankondiging

Elon Musk, die Suid-Afrikaans gebore tegnoloog en eienaar van die Tesla motorvervaardiging maatskappy in die VSA, het nog altyd groot gedroom en groot gedoen wanneer hy iets aanpak.

Sy jongste aankondiging het soos ’n veldbrand versprei oor Westerse lande, en dadelik groot belangstelling gewek vir sy nuwe planne.

Met ’n groot prototipe Tesla vragmotor en aanhaak sleepwa het hy die wêreld gaande gemaak toe die sleepwa oopgemaak word en ’n splinternuwe Tesla “Sportmodel daar uitgery het.

Hy sê die nuwe $200 000 elektriese sportmotor se produksie sal later in volle swang wees om die wêreld se vinnigste produksiemotor beskikbaar te stel.

Musk het verlede week aan ’n groot aantal uitgesoekte belangstellendes in Los Angeles gesê die vragmotor hou groot voordele in en sal bekend staan as die Tesla Semi.

Die sportmotor beskik oor die vermoë om as gewone toer motor meer as 600 km af te lê voordat die batterye herlaai word, wat ’n nuwe rekord is vir enige elektriese motor.

Wat egter verstommend is, is dat dit die sportmotor slegs 1.9 sekondes neem om van 0 tot 100 km per uur te versnel, wat dit die vinnigste produksiemotor ter wêreld maak.

Musk het gesê die Tesla Semi vragmotor het so ’n kragtige stel batterye dat die voertuig vanaf Los Angeles tot in San Francisco kan ry, en dan terugkeer sonder om die batterye te herlaai.

Die sportmotor is so luuks en vinnig dat enige sportmotor met ’n binnebrandmasjien soos ’n stoomlokomotief sal voel, het Musk grappig gesê.

Die sportmodel sal teen sowat $250 000 gekoop kan word, en betaling moet die bestelling vergesel.


Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment