Tot 27 dood in skietery by VSA-kerk

Ten minste 26 mense is Sondag doodgeskiet en 20 gewond toe ʼn jong aanvaller in swart veiligheidsdrag en ʼn koeëlvaste baadjie met ʼn aanvalsgeweer op kerkgangers in Texas losgebrand het.

Die voorval het by die First Baptist Church in Sutherland Springs plaasgevind.

Die slagoffers is glo tussen vyf en 72 jaar oud.

Pres. Donald Trump het op Twitter laat hoor hy monitor die situasie vanuit Japan.

“Mag die Here met die mense van Sutherland Springs, Texas, wees,” het hy op Twitter laat hoor.

Burgemeester Greg Abbott het die dodetal bevestig. Volgens BBC het hy gesê dit is die ergste massaskietery nog ooit in Texas.

Martin Freeman, direkteur van Texas se departement van distriksveiligheid, het gesê die man het glo buite die kerk al begin skiet en aanhou skiet soos hy in die kerk inbeweeg het.

CNN berig die man is ná ʼn jaagtog dood in sy motor aangetref.

Oudpresident Barack Obama het op Twitter gesê: “Ons rou saam met al die gesinne in Sutherland Springs wat deur hierdie daad van haat geraak word en ons sal die oorlewendes bystaan soos hulle herstel.”


Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment