Wat jy nodig het om oorsese burgerskap te ‘koop’

Europese programme vir internasionale burgerskap was tot dusver gewild onder Suid-Afrikaners omdat dit dikwels gekoppel is aan ’n belegging in eiendom in die lande en mense dit as minder riskant beskou.

Só sê Marc J. Sharpe van die private-ekwiteitsmaatskappy LCR Capital Partners, wat Suid-Afrikaanse beleggers bystaan om ’n EB-5-visum vir permanente verblyfreg in Amerika te kry.

Hoewel ’n eiendomsbelegging gemoedsrus gee as ’n fisieke bate, maan hy teen wisselvalligheid in eiendomsmarkte en onvoorspelbare eiendomsbelasting in sommige lande.

Daarteenoor vereis die Amerikaanse EB-5-visumprogram ’n minimum belegging van $500 000 in ’n nuwe onderneming of eiendomsontwikkeling wat minstens tien poste vir Amerikaanse burgers skep.

Só kan die belegger ’n voorwaardelike groenkaart vir hom, sy gade en ongetroude kinders jonger as 21 jaar bekom. Twee jaar later kan jy aansoek doen om permanente verblyfreg en vyf jaar later om burgerskap.

Baie Suid-Afrikaners emigreer na Nieu-Seeland en Australië, maar dit is dikwels met werkvisums. Die visum-beleggingsprogramme in dié lande is vir baie Suid-Afrikaners te duur, onderskeidelik NS$3 miljoen en A$5 miljoen, sê Sharpe.

Deur: Netwerk 24


Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment