Afrikaans is Lekker 2018 konsert gehou in Australië en Nieu-Seeland

Afrikaans is Lekker is ’n jaarlikse Suid-Afrikaanse konsert wat in Australië en Nieu-Seeland gehou word. Die Suid-Afrikaanse byeenkoms word aangebied deur South African Events. South African Events is bekend vir die reël van Suid-Afrikaanse geleenthede in Australië, Nieu-Seeland, Kanada, die VSA, die VK en Europa.

Wêreldwyd tree weer as hoofborg vir die Afrikaans is Lekker 2018-toer in Australië en Nieu-Seeland op, want dit is vir ons belangrik dat Suid-Afrikaners in die buiteland informeel kan saamkom en steeds hul Suid-Afrikanerskap kan vier – of hulle nou gaan terugkom of nie. Hulle is ons familie, vriende en ambassadeurs, en ons kan nie bekostig om hulle te verloor nie.

Die optredes vind in Junie in Auckland, Wellington, Sydney, Brisbane, Perth en Adelaide plaas.

Kom sing en lag saam met hierdie ongelooflike kunstenaars:

15 Junie Auckland – Theuns Jordaan, Refentse, Nianell, Margit en Jacques du Plessis
16 Junie Brisbane – Theuns Jordaan, Refentse, Nianell, Margit en Jacques du Plessis
17 Junie Perth – Theuns Jordaan, Refentse, Nianell, Margit en Jacques du Plessis
22 Junie Wellington – Snotkop, Refentse en Nianell
23 Junie Sydney – Snotkop, Refentse, Nianell en Margit
24 Junie Melbourne – Snotkop, Refentse, Nianell en Margit

Besoek gerus South African Events se webtuiste vir meer inligting en om kaartjies te koop. As jy boonop voor 1 Maart bespreek, kry jy ’n 20%- doutrapperafslag.


Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.