Brittanje wil 2 500 onwettige immigrante van Zimbabwe deporteer

Brittanje wil minstens 2 500 onwettige immigrante van Zimbabwe deporteer, berig Zimbabwe.com.

Catriona Lang, Britse ambassadeur in Zimbabwe, het dié boodskap onlangs aan adj.pres. Kembo Mohadi van Zimbabwe oorgedra.

Die Grant Haskinaankondiging kom nadat Theresa May, premier van Brittanje, gesê het haar regering is vasbeslote om die aantal immigrante wat die land binnegaan, met duisende te verminder.

Mohadi sê Zimbabwe het geen probleem daarmee om sy burgers terug te verwelkom nie, maar dit is noodsaaklik om vas te stel of hulle werklik Zimbabwiërs is.

“Ons wil weet of hulle Zimbabwiërs is en of hulle vlugtelinge voor die gereg is.”

Brittanje is Zimbabwe se voormalige koloniale heerser.

In ’n stadium het ongeveer 20 000 Britse burgers in Zimbabwe gewoon, terwyl minstens 112 000 Zimbabwiërs in Brittanje gewoon het, luidens ’n verslag deur AFP.


Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.