Drie van die 50 gevaarlikste stede ter wêreld is in Suid-Afrika

Volgens ’n nuwe studie deur Mexiko se Seguridad, Justicia Y Paz (Sekuriteit, Geregtigheid en Vrede) is drie van die 50 gevaarlikste stede ter wêreld is in Suid-Afrika.

Luidens dié studie, wat die moordsyfer vir 2017 per 100 000 mense vergelyk het, is Kaapstad die 15de gevaarlikste stad met ’n moordkoers van 6,2% moorde per 100 000 inwoners of 2 493 moorde in ‘n bevolking van 4 004 793 inwoners.

Durban is 44ste op die lys met ’n moordkoers van 38,12 (1 396 moorde onder 3 661 911 inwoners), gevolg deur Port Elizabeth in 46ste posisie met ’n koers van 37,53 (474 moorde onder 1 263 051 inwoners).

Die gewelddadigste stad is volgens die studie Los Cabos in Mexiko met ’n moordkoers van 111,33 (356 moorde onder slegs 328 245 inwoners).

Suid- en Sentraal-Amerika duik telkens op die ranglys op en 42 van die 50 stede is in Suid-Amerika.

Die meeste van die stede op die ranglys is in Brasilië (17 stede), gevolg deur Mexiko, Venezuela en die VSA.

Mexiko, wat in 2015 slegs vyf stede op die lys gehad het, het nou 12. Dit is waarskynlik verbind aan geweldadige dwelmkartelle wat in die land bedrywig is.

Kaapstad se moordsyfer is hoër as enige Amerikaanse stad behalwe Baltimore en St. Louis, en hoër as verskeie gevaarlike stede in Colombia, Mexiko, die Honduras, Guatamala, Venezuela en ander.


Enjoyed this post? Share it!

 

One thought on “Drie van die 50 gevaarlikste stede ter wêreld is in Suid-Afrika

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.