Jaco Peyper blaas fluitjie in Sesnasies-rugbyreeks

Jaco Peyper is een van drie Suid-Afrikaanse skeidsregters wat beamptes in aanstaande jaar se Sesnasies-rugbyreeks gaan wees.

Peyper (37) was vanjaar vir ’n tweede keer agtereenvolgens in beheer van die Curriebeker-eindstryd toe die Haaie en die Westelike Provinsie in Oktober in Durban slaags was.

Hy sal in die wedstryd tussen Engeland en Frankryk in Parys blaas en is een van die assistent-skeidsregters wanneer Engeland en Ierland mekaar in Londen pak.

Marius van der Westhuizen (33) sal in twee wedstryde ’n assistent-skeidsregter wees.

Hy sal Peyper bystaan in die wedstryd tussen Engeland en Frankryk en ook die vlag dra wanneer Engeland en Ierland mekaar aanvat.

Marius Jonker (49) is die TV-skeidsregter wanneer Wallis en Italië (Cardiff) en Italië en Skotland (Rome) mekaar pak.

’n Totaal van 24 beamptes van sewe lande sal die 15 wedstryde beheer.

* Volledige lys en bepalings:

Februarie – 3de: Wallis t. Skotland (Cardiff)

Skeidsregter: Pascal Gauzere (Frankryk)

Assistent-skeidsregter: Romain Poite (Frankryk) en Matthew Carley (Engeland).

TV-skeidsregter: David Grashoff (Engeland)

Frankryk t. Ierland (Parys)

S: Nigel Owens (Wallis)

A-S: Wayne Barnes (Engeland) en Paul Williams (Nieu-Seeland).

TV: Rowan Kitt (Engeland)

4de: Italië t. Engeland (Rome)

S: Mathieu Raynal (Frankryk)

A-S: Jérôme Garcès (Frankryk) en Nic Berry (Australië).

TV: Glenn Newman (Nieu-Seeland)

10de: Ierland t. Italië (Dublin)

S: Poite

A-S: Gauzere en Carley.

TV: Grashoff

Engeland t. Wallis (Londen)

S: Garcès

A-S: Raynal en Berry.

TV: Newman

11de: Skotland t. Frankryk (Edinburg)

S: John Lacey (Ierland)

A-S: Owens en Williams.

TV: Kitt

23ste: Frankryk t. Italië (Marseille)

S: Barnes

A-S: Lacey en Luke Pearce (Engeland).

TV: Grashoff

24ste: Ierland t. Wallis (Dublin)

S: Glen Jackson (Nieu-Seeland)

A-S: Gauzere en Carley.

TV: Kitt

Skotland t. Engeland (Edinburg)

S: Owens

A-S: Garcès en Andrew Brace (Ierland).

TV: Simon McDowell (Ierland)

Maart – 10de: Ierland v Skotland (Dublin)

S: Barnes

A-S: Ben O’Keeffe (Nieu-Seeland) en Pearce.

TV: George Ayoub (Australië)

Frankryk t. Engeland (Saint-Denis)

S:
A-S: Angus Gardner (Australië)

TV: Ben Skeen (Nieu-Seeland)

11de: Wallis t. Italië (Cardiff)

S: Garcès

A-S: Gauzere en Brace.

TV:

17de: Italië t. Skotland (Rome)

S: Gauzere

A-S: Garcès en Brace

TV-skeidsregter: Jonker

Engeland t. Ierland (Londen)

S: Gardner

A-S: Peyper en Van der Westhuizen.

TV: Skeen

Wallis t. Frankryk (Cardiff)

S: O’Keeffe

A-S: Barnes en Pearce.


Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.