Lughawe in Londen gesluit oor WWII-bom

Die London City-lughawe is Sondag gesluit nadat konstruksiewerkers ’n bom uit die Tweede Wêreldoorlog in die Teemsrivier daar naby gekry het.

’n Gebied van 214 m is versper nadat die WWII-bom in die Koning George V-dok gevind is terwyl hulle konstruksiewerk gedoen het, berig die BBC.

Die lughawe val in die gebied en is dus ook gesluit.

Die polisie is na die toneel ontbied en die vloot is ook ingespan om die aard van die bom vas te stel.

Werksaamhede om die bom te verwyder, is steeds aan die gang, berig CNN.

Die London City-lughawe is ’n internasionale lughawe in Oos-Londen en was ’n groot nywerheidsgebied tydens die oorlog.

Deur: Netwerk 24


Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.