Britse kommentator en aktivis teen plaasmoorde, Katie Hopkins, val flou in SA

Nooddienste moes Sondag die Britse kommentator en rubriekskrywer Katie Hopkins in Suid-Afrika help nadat sy ketamien geneem vir ‘n ontwrigte skouer het, het flou geval daarna.

Hopkins (42) het Sondag ’n foto getwiet waar sy met haar gesig na onder lê op ’n sypaadjie terwyl sy behandeling ontvang.

Sy skryf saam by die foto: “Grateful thanks to the South African emergency services for putting me back together. Leaving it all on the road, to tell the truths not being told. *ketamine 1 / Hopkins 0).”

Sy het later die gebruik van ketamien, ’n baie sterk pynstiller, verduidelik. “Ek het mediese ketamien ontvang vir ’n ernstig ontwrigte skouer,” het sy geskryf.

Sy is tans in Suid-Afrika om ’n dokumentêr te verfilm oor plaasmoorde. Sy doen verslag oor wat sy noem “die sistematiese slagting van wit boere in Suid-Afrika”.

Sy vervaardig kort video’s en skryf berigte vir haar webtuiste Hopkinsworld en die Kanadese video kanaal en webtuiste The Rebel Media.

Hopkins het nadat sy flou geval het, skermgrepe van joernaliste se e-posse getwiet en hulle gekritiseer omdat hulle net fokus op die voorval en nie op die rede hoekom sy in Suid-Afrika is nie.

Sy het ook vir Julius Malema, EFF-leier, op Twitter uitgedaag om met hom te vergader om met hom te praat oor “sy liedjie ‘Kill the Boer’ ”.

Hy het nie gereageer nie en toe vra sy hom of hy bang is om ‘n ”klein wit vrou” te ontmoet.

 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment