Andy Birkett van SA het pas by die wêreldkanovaartkamioenskappe in Prado Vila Verde, Portugal, die titel in die K1 enkelkano gewen, terwyl hy en Hank McGregor die K2 titel vir dubbelkanos oor 30 km gebuit het. McGregor het met hierdie oorwinning sy 11de wêreldtitel in ’n roemryke loopbaan verower.
Ook in ander afdelings het Suid-Afrikaners goed gevaar en het bv. Jasper Mocké in die K1 afdeling derde geëindig vir die bronsmedalje. Ook in die junior afdelings en die vroue-afdeling het Suid-Afrikaners in die top of naby die top geëindig, wat in totaal wys dat SA tans die voorste land ter wêreld is in kanovaartmarathons.
Deur: Ditsem Nuus