Boerdery in Australië is taai en jy moet op jou eie werk. Jy moet alles self doen. Plase is duur en dit maak dit amper onbereikbaar vir Suid-Afrikaners. Dit is die grootste struikelblok. As jy bereid is om vir ’n Aussie te boer, is jy hoog in aanvraag.
Só sê Theo van Niekerk, ’n gewese Suid-Afrikaner wat in Excelsior op skool was en aan die Universiteit van die Vrystaat gestudeer het. Hy werk al 18 jaar as landboukundige in Australië en spesialiseer in grondvrugbaarheid en plantvoeding.
Continue reading…