Hul droomervaring het in ’n nagmerrie ontaard, vertel Madri van den Heever, ’n onderwyseres van Alberton wat 16 dae in ’n Chinese tronk aangehou is.
As straf omdat sy onwettig gewerk het, sou Madri net tien dae in ’n aanhoudingsentrum deurbring, maar sy is uiteindelik 16 dae aangehou.
Sy vertel hoe sy ’n sel met sekswerkers en dwelmgebruikers moes deel en elke dag gestoomde brood “so swaar soos klippe” en waterige groente moes eet wat uit dromme geskep is. Sy is herhaaldelik ondervra, een keer terwyl haar voete aan ’n staalstoel vasgeboei is.