‘n Sterkman van Christiana in Noordwes, Johan Els (38), is onlangs as die wêreld se sesde sterkste man aangewys.
Els het van 28 April tot 1 Mei aan The World’s Strongest Man-kompetisie in Manila in die Filippyne deelgeneem waar hy die sesde plek behaal het.
Die kompetisie gaan nie net oor brute krag nie; deelnemers se stamina, vaardigheid, taktiek, fiksheid en strategie in verskeie dissiplines word ook op die proef gestel.